DOMESTIC - COMMERCIAL - INDUSTRIAL Paving Specialists 086 11 22 55 7 info@qpave.co.za

Graag wil ek dan vir julle amptelik baie dankie sê vir die werk wat julle by my gedoen het. Die span manne wat by my gewerk het (Jhonson en ek dink Atha wat 2de in bevel was) is werklik knap en baie professioneel. Soos reeds gister gesê die paving lyk regtig mooi en voeg baie beslis waarde toe tot my woning. Indien ek van mense te hore kom wat paving gedoen wil hê dan sal ek julle baie beslis aanbeveel!!

Sal jy ook vir Grant ook weer eens baie dankie sê vir die moeite wat hy gedoen het om persoonlik na my perseel toe te kom om die onsekerheid/onduidelikheid wat daar bestaan het, uit te klaar. Dit sê baie van julle maatskappy. Sê ook groete aan Keith en dankie vir sy knap diens.

Ek weet ek gaan my paving geniet en sou dit gebeur dat ek probleme (soos kraking en insakking) optel dan gaan ek baie beslis die vrymoedigheid hê om julle te kontak en gebruik te maak van die 12 jaar waarborg wat julle aanbied.

Sterkte vir julle en ek wens julle alle sukses toe.

Got a question? WhatsApp us!